Woorde het mag

So is die tong ook maar ‘n klein liggaamsdeeltjie, en tog het dit groot mag. ‘n Klein vuurtjie kan ‘n groot bos aan die brand steek. Die tong is ook ‘n vuur, ‘n wêreld vol ongeregtigheid, die deel van die liggaam wat die hele mens besmet. Dit steek die hele lewe, van die geboorte af tot die dood toe, aan die brand, en self word dit uit die hel aan die brand gesteek.

  • Jakobus 3:5-6

Deesdae volg ek Andrew Wommack (www.awmi.net). Hy het ‘n manier om dinge in perspektief te sit. Ek raak soms baie verward omdat ek nie die Bybelverse heeltemal verstaan nie, maar dan volg ek ‘n tema van Andrew en hy verduidelik dit in eenvoud.

Ek volg op die oomblik sy “Effortless Change” reeks en hy vertel hoe ons versigtig moet wees oor wat ons oor onsself spreek. As jy negatiewe dinge oor jou lewe gaan spreek of toelaat dat ander mense dit spreek en jy dit aanvaar sal jy dit beleef. Dieselfde is waar wanneer jy begin om positiewe dinge oor jou lewe te spreek.

Dit laat my dink aan Henry Ford se woorde: “Whether you think you can, or you think you can’t – you’re right.”

Dit is so maklik om negatief te raak en dink omdat die wêreld se mense daarvan hou om te kla en negatief op te tree, maar die mag van God lê binne ons om dit teen te staan, om op te staan en nee te sê vir die ongeloof wat heers.  

Ons moet ons fokus skuif en op God en sy doel vir ons fokus in plaas van die leuens van die duiwel.

Dit begin met ‘n doelgerigte besluit en net jy kan daardie besluit maak.

Kies die lewe.

Kies God.

Tags :