Die Belydenis van Petrus
15“Maar julle,” het Hy gevra, “wie, sê julle, is Ek?”
16Simon Petrus het geantwoord: “U is die Christus, die Seun van die lewende God.”
17“Gelukkig is jy, Simon Barjona,” het Jesus vir hom gesê, “want dit is nie ‘n mens wat dit aan jou geopenbaar het nie, maar my Vader wat in die hemel is. 18En Ek sê vir jou: Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my kerk bou, en die magte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie. 19Ek sal aan jou die sleutels van die koninkryk van die hemel gee, en wat jy op die aarde toesluit, sal in die hemel toegesluit bly; en wat jy op die aarde oopsluit, sal in die hemel oopgesluit bly.”
Dit is vir my opvallend dat die dinge wat ons op aarde doen so groot invloed het op die hemelse. Ons besef nie aldag hoe gelukkig ons is dat Jesus vir ons sondes kom sterf het nie. Dit voel soms nogsteeds onwerklik.
Ons moet daarna streef om Sy wil uit te leef deur te let op wanneer ons sonde doen en dit dadelik te bely en goedhartig op te tree aan ons naaste. Niemand was nog ooit perfek nie en ek is beslis ook nie. Jesus het geweet Petrus sou sy Naam uitbasuin en alle mense van Hom vertel en dit nog voordat Petrus die haan hoor kraai het.
Wanneer jy na die waarheid soek en ‘n pad stap met die Here beteken dit nie dat die pad net perfek en mooi gaan wees nie. Mens word getoets en uitgeput. Daar kom mense oor die pad wat vreeslik lelik kan wees, maar deur dit als moet ons fokus op die eindstreep wees: God, Jesus, Hemel. Die res en die wereld sal vergaan, maar die Here wat alles gemaak het gaan bly staan. Fokus dus op die goeie en hou aan met die pad saam God.