Jou Denke

Wat jy dink, bepaal alles wat jy doen. – Spreuke 4:23

Hoe moeilik is dit nie om negatief te reageer nie?

As ek dink hoe maklik dit is om negatief te dink of gou ‘n negatiewe opmerking oor iets te maak dan val dit my by hoe ons onsself so sleg kan laat voel. Ons maak onsself sommer slagoffers van dinge of mense, maar dan is die soms glad nie die geval nie.

Dit vat ‘n doelbewuste besluit om hierdie negatiewe gedragspatroon in ‘n positiewe een te verander.

Ek sukkel dikwels met dit, maar het darem die punt bereik waar ek tot die besef kom dat ek besig is om negatief te word en raas dan vinnig met myself om die positiewe dankbare hart te sien.

Wanneer jy ‘n uitkyk op die lewe van dankbaarheid toepas besef jy hoe bevoorreg jy eintlik is en dat daar baie dinge is wat baie erger kon wees as die situasie waarin jy jouself bevind. Dankbare mense het my laat besef hoe gelukkig jy jouself elke dag kan maak. Jy moet op die goeie dinge in jou lewe fokus en dankbaar wees en met die negatiewe afreken sodat jy vrede kan vind.

Ons bepaal werklik ons eie geluk en daar gebeur soms dinge wat uit ons beheer is en ons beleef seer en swaar tye, maar soms vergeet ons dat dit net tydelik is. Ons moet ten alle tye ons harte en gedagtes met die Here deel en Hom vra vir hul en ook dank wanneer ons dankbaar is.

Gaan leef vandag voluit met ‘n dankbare hart.

Tags :